Parysenaar Riko Vorster het die naweek tydens die gekombineerde Provinsiale Tydtoets- en Padfietsrykampioenskappe, die wenpodium posisie vir die tydtoets seuns o17 oor ‘n afstand van 17.5km weggeraap voor die neuse van sy VS, Gautengse en Noordwes mededingers.
Met die padwedren wat oor 81km beslis is, het Riko voorgeloop vir die eerste twee rondtes, maar is teruggehou deur ‘n pap wiel op die laaste rondte. Na die wiel-ruil het hy verder gery om ook hier ‘n wen vir die VS-kampioenskap so.17 te beklink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



