Local newsNews

Sassa-begunstigdes kry nog tyd vir kaartomskakeling

Die nuwe sperdatum vir oorskakeling van die goue Sassa-kaart na die swart Postbankkaart is nou 20 Maart.

Sassa-begunstigdes wat hul toelae met die goue kaart van Sassa en Postbank kry, het nou tyd tot 20 Maart om na die nuwe Postbankkaarte oor te skakel. Die bevestiging is vanoggend gegee deur die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, en die minister van maatskaplike ontwikkeling, Nokuzola Tolashe.

Die sperdatum is al by herhaling uitgestel en was die laaste kennisgewing dat Sassa-begunstigdes teen 28 Februarie  na die nuwe swart Postbankkaarte moes oorskakel. Met die aankondiging is daar nou 20 dae ekstra dae grasie.

Die versekering is egter gegee dat toelaes uitbetaal sal word, selfs na die nuwe sperdatum.

Mense wat nie teen 20 Maart oorgeskakel het na die nuwe kaart nie, sal na hul naaste Poskantoor moet gaan om hul toelaes te kry.

Die oorskakelingsproses sal fyn gemonitor word, met meer beamptes van die betrokke departemente wat begunstigdes sal help. Daar sal ook mobiele kantore in landelike gebiede wees om te help met die oorskakeling, is gesê.

Mense wat die sperdatum sou misloop sal ook nog na 20 Maart kan aansoek doen vir die Postbank kaarte. Die goue Sassa-kaarte sal egter dan nie meer werk nie, is gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button