Ongeveer 1 000 nuwe kankergevalle onder kinders in SA elke jaar
Belangrikheid van vroeë diagnose weer beklemtoon

Volgens die World Health Organization (WHO) is daar na raming meer as 400 000 kankergevalle by kinders elke jaar Onglelukkig is daar gevalle wat nooit gediagnoseer of behandel word nie weens beperkte toegang tot gesondheidsorg.
Vroeë opsporing van kanker is een van die heel belangrikste faktore wanneer dit kom by die sukses van behandeling, en is met Internasionale Kinderkanker Bewusmakingsdag op 15 Februarie weer gewys op die belangrikheid om te let op waarskuwingstekens wat kan dui op kanker. Dit kan insluit ‘n wit kol in die oog, skiellike blindheid, ‘n knop of swelling van ‘n liggaamsdeel, onverklaarbare koors of gewigsverlies. aanhoudende pyn of frakture wat maklik ontstaan, probleme om te loop of met koördinasie en geweldige hoofpyne wat soms ook met braking gepaardgaan.
Prof. Gita Naidu, hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Pediatriese Hematologie Onkologie (SAAPHO), sê vroeë diagnose en verwysing vir spesialisbehandeling so spoedig moontlik kan nie genoeg beklemtoon word nie.
In ooreenstemming met sy volgehoue toewyding om bewustheid te bevorder en sorg vir kinders en tieners wat kanker in die gesig staar, neem Suid-Afrika deel aan die wêreldwye inisiatief vir Internasionale Kinderkankerdag om die noodsaaklike behoefte aan behandeling en versorging vir kinders met kanker wêreldwyd te beklemtoon.



