Local newsNews

Optrede oor Vrystaatse dorpe se kragprobleme ge-eis

Inwoners van die Ngwathe Plaaslike Munisipalitieit het net tot 13 Maart tyd om hul besware, voorstelle en kommentaar na Eskom te stuur oor die voorgenome aksie van die kragreus teen dié munisipaliteit weens sy volgehoue wanbetaling.

Die VF Plus eis dringende optrede nadat Eskom vandeesweek aangedui het dat hy oorweeg om vier Vrystaatse munisipaliteite se kragtoevoer weens wanbetaling af te sny of die lading te verminder.

Die party het Eskom se voorneme onder die aandag gebring van die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. T.Z. Mokoena, en geëis dat hy dringend ingryp by die krisis wat die Ngwathe-, Masilonyana-, Moqhaka- en Nala-plaaslike munisipaliteit in die gesig staar.

Al vier hierdie munisipaliteite het gebruik gemaak van Eskom se skuldverligtingsprogram, maar het versuim om aan die voorwaardes van die program te voldoen.

Een van die voorwaardes is dat die munisipaliteite ten minste sy huidige kragrekeninge getrou moet betaal.

Ironies genoeg was die LUR vir finansies, mnr. Ketso Makume, reeds van April 2024 bewus van die munisipaliteite se wanbetaling, maar het niks gedoen om die situasie te beredder of die munisipaliteite tot verantwoording te roep nie.

Alhoewel Eskom aangedui het dat daar nou ʼn geleentheid is vir openbare insette, is die VF Plus besorg dat inwoners gaan ly weens die vier munisipaliteite se astronomiese skuld.

Sperdatum kom nader vir kommentaar en insette:

Eskom het vandeesweek in ‘n kennisgewing wat in Parys Gazette gepubliseer is, aangedui dat die publiek, besighede, organisasies en instansies wat geraak word deur Eskom se voorneme om aksie te neem teen die Ngwathe munisipaliteit weens volgehou wanbetaling, nou geleentheid het vir besware, voorstelle en kommentaar tot en met 13 Maart.

Dié kommentaar en voorstelle moet gestuur word na:

Senior Advisor Key Sales and Customer Services
120 Henry Straat, Westdene, Bloemfontein

of per e-pos na  FSNgwathe@eskom.co.za

Voorstelle en kommentaar wat na die sperdatum ontvang word sal nie oorweeg word nie.

Eskom se finale besluit oor sy voorneme ten opsigte van aksie teen die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit sal op of voor 2/3 April bekendgemaak word. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button