Riko Vorster het tydens die Vrystaat padfiets-kampioenskappe op 18 en 19 Januarie eerste geeïndig in die 17km tydtoets, sowel as die 81km padresies vir seuns o17.
Tydens die Midvaal Fast One padfietsren oor 105km wat op 26 Januarie gery is, eindig Riko vyfde in die o17-kategorie.
Riko en Jannes Koekemoer het daarna aan die 116km Dischem Ride for Sight padfietsren op 16 Februarie deelgeneem, en behaal Riko ‘n vyfde plek so17 en Jannes ‘n 13de plek in die kategorie vir mans o23.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



