Local newsNews

Kontrakteur werk aan R59 se gate

Verskeie motoriste het hier al skade met bande gehad weens die lewensgevaarlike slaggate op dié pad

Motoriste word gewaarsku om bedag te wees op vertragings  op die R59 tussen die N1 oorbrug en Parys weens ‘n stop/rypunt. ‘n Kontrakteur is steeds besig met herstelwerk aan die teervlak waar verskeie gevaarlike slaggate is. Die herstelwerk sal na verwagting tot minstens April duur.

Spanne van die Vrystaatse Departement van Paaie sal terselfdertyd aandag gee aan slaggate op die R59 tussen die N1 oorbrug en Sasolburg.

Hou asseblief by spoedgrense en volgafstande, en gehoorsaam padtekens. Wees veral versigtig  in reënweer en  wanneer sig belemmer word. 

Daar was die naweek weer motoriste op die pad wat bande verloor het as gevolg van die slaggate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button