Local newsNews

Jeugsimfonieorkes dié naweek by Udolpho gehoor

Kom luister na dié besondere optrede van die groep jongmense op eie bodem – ‘n voorreg wat nie aldag gebeur nie, en wat jy nie kan misloop nie.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (Fak) se jeugsimfonieorkes (JSO) tree 16 Maart om 11:30 op by die FAK Udolpho Rivierplaas, en kan die optrede gratis bygewoon word. Dié orkesoptrede bied n gulde geleentheid vir die jeug van Parys om blootgestel te word aan die vreugde van orkesmusiek, sê Jan-Danie Malan,die FAK se Kultuurorganiseerder Sentraal en operasionele bestuurder by Udolpho.
Die orkes is in 2022 gestig en bestaan uit 26 lede. In 2023 is die orkes se eerste amptelike publieke konsert in die Voortrekkermonument se Senotaafsaal gehoor.

Vir Parysenaars is die orkes geen onbekende nie, en was daar groot lof vir hul optrede verlede jaar by Udolpho, en later ook in die NG Kerk Vredefort tydens hul 2024 platteland toer.

Die idee vir die platteland toer is juis gebore na die Udolpho-optrede toe besef is hoe uitgehonger mense ook in die platteland is is vir orkesmusiek,” het Jaco van Staden, orkesdirigent gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button