Local newsNews

Vinnige voete in die vleiland

Die volgende geleentheid is op 19 Maart, en sal weer in die vleiland op dieselfde roete gehou word.

Parys se vleiland-gebied was die ene voete verlede week toe die 2025 landloop-seisoen afgeskop het met die eerste Atletiek Vrystaat Fezile Dabi Ontwikkelings landloop-liga.

Die eerste van twee geleenthede om te kon deelneem aan die liga is Woensdag in die vleiland gehou, en is aangebied deur Schonkenville Intermediate School en Parys Multisport.

Die volgende geleentheid is op 19 Maart, en sal weer in die vleiland op dieselfde roete gehou word.
Atlete tussen sewe en 19 jaar kon deelneem, en moes verskeie rondtes van die prag 1km roete voltooi wat begin en eindig het op die hoek van Endstraat en Vierdelaan.

Ouers en kinders het oral langs die roete deelnemers aangemoedig, en was die vreugde om hier in die natuur te kon hardloop, oral sigbaar. Nie net was dit die vleiland se eerste amptelike landloop-byeenkoms met 60 deelnemende atlete nie, maar was die roete ‘n toets vir uithouvermoë en tegniese vaardighede met die reën van die vorige dag wat op plekke gesorg het vir ‘n lekker wateruitdaging.

Daar was selfs ‘n lekker reënwater-uitdaging op die roete vir deelnemers.

Hoewel die ontwikkelingsliga nie as kwalifiserende byeenkoms vir distriks of provinsiale deelname tel nie, was dit die perfekte geleentheid veral vir nuwelinge in die sport om hulself te kon toets in aanloop tot die landloopseisoen wat voorlê.

Medaljes is vir die eerste drie plekke in elke kategorie oorhandig, en sal dié wenners ook gratis deelname hê aan die eerste Fezile Dabi kampioenskapsliga wat gedurende Mei op Koedoeslaagte begin.

Die wenners van die o8 dogters-item was Danika Joubert, Leandri Joubert en Lesedi Uitlander.

In die kampioenskapsliga is daar geleentheid om te kwalifiseer vir plek in die distrikspan wat in Augustus aan die provinsiale kampioenskap in Bloemfontein gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button