Local newsNews

Vredefort sit die balle aan die rol vir Kansa

Aan die einde van die dag is R16 400 vir Kansa ingesamel.

Die Vredefort-rolbalklub het die afgelope naweek die balle aan die rol gesit om geld in te samel vir Kansa. Ses-en-vyftig spelers, geklee in pienk, het in gemengde spanne mekaar die stryd aangesê.

Aan die einde van die dag is R16 400 vir Kansa ingesamel.

Die dag was Debbie Oosthuizen en die bestuur van die Vredefort-rolbalklub se idee, met die ondersteuning van Jacques Williams van Avbob Parys.

Vredefort se rolbalbaan was in pienk getooi vir die pretdag ten bate van Kansa. Foto’s: Janke Potgieter, Koepel Fotografie

Elke speler het ‘n prys ontvang, danksy borge wat met oop hande gegee het. Die borge was Meat Valley Parys, Mica Parys, Ocram, Avbob Parys, Vredefort Slaghuis, Wesco Boerdery, Pothou Sussex, Colossal Concrete, OBC Chicken, Valtrac, Wynnwith Milk Farm en Multinet Home Loans. Perderitte en vermaak vir die kinders, uitstallers en heerlike kosstalletjies het gesorg vir ‘n lekker gesinsdag by die rolbalklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button