Local newsNews

Vroue bid saam op Wêreldbiddag

Die Wêreldbiddag vir vroue word jaarliks in 176 lande en streke gehou en val tradisioneel op die eerste Vrydag in Maart.

Waar vroue bid, beweeg God se hand. Dit was die boodskap van Johan Swanepoel waar hy Vrydag vroue van Parys by die NG gemeente Parys-Oos met Woord en sang bedien het op Wêreldbiddag vir vroue. Hierdie jaar se gebedstema is deur die vroue van die Cook-eilande gekies.

Vanjaar was die 95ste keer dat Suid-Afrika aan hierdie wêreldwye ekumeniese gebedsdag deelgeneem het wat in 176 lande en streke jaarliks gehou word. Die gebedsdag val tradisioneel op die eerste Vrydag in Maart.

Swanepoel het gesê vroue moenie onderskat wat hulle vir God kan doen nie. “Wees ‘n rigtingwyser. Jy het dalk min, maar God maak jou min baie.”

Hy het ook ‘n beroep gedoen op vroue om positief oor hulself te dink en te weet dat elke vrou wonderbaar gemaak is. Swanepoel het gesê dat daar geen teenvoeter vir gebed is nie, en dat vroue daarom biddend moet bly.

Die aand is afgesluit met ‘n ete van tradisionele kos eie aan die Cook-eilande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button