Local newsNewsSport

Proteas laat ringe sing in Parys voor Duitsland-toer

Die spelers sal gebruik maak van Parys se binnenshuise ringtennisfasiliteit.

‘n Groot eer val die Parys-ringtennisklub die naweek te beurt wanneer die senior Protea ringtennisspan Saterdag op Parys se binnenshuise ringtennisbane by die NG gemeente Parys-Oos, (wat ook die enigste binnenshuise ringtennisfasiliteite in die land is), sal oefen ter voorbereiding van hul toer na Duitsland. Die publiek is welkom om te kom kyk hoe die land se voorste ringtennisspelers Saterdag van 09:00-13:00 hier die ringe oor die net gaan laat sing. Die Oos-gemeente se kerksaal is op die h/v Loop- en Paulsenstraat.

Die Protea-spanne sal van 1-15 Julie in Duitsland wees waar die o21-toets op 5 Julie in Kieselbronn beslis word, en die Senior-toets op 6 Julie, ook in Kieselbronn. Daarna sal ‘n o21-toets op 12 Julie in Karben gespeel word, en die Senior-toets op 13 Julie in Karben.

Dit is die agtste keer dat Suid-Afrikaanse ringtennisspanne in Duitsland in aksie sal wees, waarvan twee wêreldbeker-kompetisies was. Duitsland het Suid-Afrika reeds vyf keer besoek.

Diedrich Hinrichsen en Melicia Fourie van Sedibeng in aksie ter voorbereiding van die toer. Foto: Verskaf

Die senior Protea-span wat vanjaar hul staal gaan wys, bestaan uit vyf mans en vyf dames waarvan twee mans en twee dames van Sedibeng is.

Die junior Protea-span bestaan uit vyf mans en ses dames waarvan een van die dames van Sedibeng is.
Parys Ringtennnisklub en Parke Ringtennisklub van Vanderbijlpark, vorm die Sedibeng provinsie.

‘n Skeidsregter en algemene sekretaresse van Sedibeng sal die spanne op hul toer vergesel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button