Local newsNews

Nat veld hou Parys nie terug nie

Parys het tot dusver al hul wedstryde in die liga gewen, sowel as hul vriendskapllike kragmeting teen die Sasolburg Cobras.

Parys-rugbyklub het in hul segetog gisteraand nog ‘n oorwinning op die rugbyveld beklink in die Griffons-liga. Dié keer teen Bothaville op Bothaville se tuisveld.

Ten spyte van ‘n baie nat veld en geesdriftige ondersteuning vir die Bothaville-span, het Parys vroeg uit die wegspringblokke gekom met die eerste drie, maar teen halftyd het Bothville voorgeloop met 14 punte teenoor Parys se 7.

Parys het egter ingehaal en die wedstryd gewen met ‘n tellling van 17-14 in Parys se guns.

Spelers van die wedstryd was Kaleb Kriek en Juandré Croucamp.

Die wedstryd puntemakers was Marx Steenkamp, Aaron Kriek en Gerhard Greyling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button