Local newsNews
Saterdag is die groot dag vir Parys
Parys-rugbyklub was tot dusver onoorwonne dié seisoen.

Parys-rugbyklub sal Saterdag die span van Bultfontein op Parys se tuisveld uitdaag in wat beloof ‘n wedstryd sal wees wat die senuwees gaan laat knaag.
Die wedstryd vind plaas op die Laerskool se rugbyvelde in Eerstelaan en afskop is om 15:00.
Ingang kos R10 per persoon en toeskouers is welkom hul koelbokse en gasbraaiers saam te bring om die spelers te kom ondersteun langs die veld.
Parys was tot dusver onoorwonne die seisoen. Maak seker jy is daar Saterdag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.