Local newsNews

Kyk wat’s nuut by Nampo dié jaar

Kaartjies vir NAMPO 2025 sal vanaf April 2025 beskikbaar wees en spog dié Oesdag vanjaar weer met heelwat nuuthede en ou gunstelinge.

Wonder jy nog of jy vanjaar die Nampo Oesdag op die Oesdagplaas buite Bothaville gaan bywoon?

Met ‘n hele paar nuuthede en ou gunstelinge gaan dié jaar se Nampo Oesdag van 13 tot 16 Mei, die wêreld van landbou vir jou oopmaak en verenig op jou voorstoep  met een van die grootste vertoonvensters van die landbou  wat vanjaar vir die 57ste jaar aangebied word.

Koop jou Kaartjies Aanlyn!

Kaartjies vir NAMPO 2025 sal vanaf April 2025 beskikbaar wees by OpenTickets (www.opentickets.com), met afslag vir aanlyn-aankope.

Hekke open daagliks om 07:00 en sluit om 17:00.

Roetebeskrywings, parkeerinligting en besonderhede oor die privaat landingstrook is beskikbaar op die NAMPO-webwerf en via die NAMPO Toep.

Let asseblief daarop dat geen troeteldiere, fietse, selfaangedrewe karre of motorfietse op die terrein toegelaat sal word nie. Besoekers kan gebruik maak van die gratis vervoerkarretjies wat deurlopend op verskeie roetes op die terrein ry.

Beweeg gerieflik rond

Die “Mieliehop”-pendeldiens ry daagliks tussen Bothaville en NAMPO Park, met addisionele langafstanddienste vanaf OR Tambo en omliggende dorpe – ideaal vir plaaslike én internasionale besoekers.

Century Avionics se lughawe-sitkamer verwelkom lugreisigers by die noordelike kant van NAMPO park, met ‘n pendeldiens beskikbaar na Hek 3.

Binne NAMPO Park is daar nege trekkerwaens wat verskeie roetes dek en besoekers gerieflik tussen uitstallings vervoer. Vanjaar is daar vier ekstra bushaltes bygevoeg vir nog beter toegang tot die hele terrein.

Wat’s nuut by Nampo?

Meer Akkommodasie-opsies ‘n Splinternuwe karavaanpark met 100 kragaansluitende staanplekke, en twee ablusieblokke opgerig suid van die terrein by Hek 2. Met maklike toegang en buigsame opsies is dit die ideale oplossing vir besoekers wat naby die aksie wil bly. Besprekings kan aanlyn gedoen word by www.kleinbroekskool.co.za.

Uitgebreide Kosaanbiedinge –
Die Syngenta Boerekos Plaaskombuis open weer sy deure by NAMPO – en hierdie jaar is dit groter, beter en lekkerder as ooit! NAMPO se gewilde kosstalletjies – bedryf deur skole, kerke en gemeenskapsorganisasies – het ook selfs meer keuses in 2025.

Graan SA Museum – ‘n Huldeblyk aan Erfenis –
Stap in die ryk nalatenskap van Graan SA en die NAMPO Oesdag by die nuut onthulde Graan SA Museum aan die westekant van die park.

ALPHA Insure Vroueprogram –
Die gewilde Vroueprogram keer terug met glans en styl! Aangebied deur ALPHA Insure, geleë langs die Teetuin, bied dit oggende vol bekendes, musiek, motiveringspraatjies, en heerlike kos deur bekende sjefs. ’n Stap deur die Starke Ayres-kruietuin lei besoekers na die lokaal, terwyl kinders veilig kan speel in die nabygeleë speelpark onder toesig.

NAMPO Toep – Slimmer Navigasie, Beter Ervaring – Met verbeterde funksies en slim navigasie kan jy nou meer as 900 uitstallers verken, hul liggings sien, en jou roete deur die terrein beplan. Boekmerk jou moet-sien-geleenthede, verken die terrein in 3D, kry al die inligting, die jongste videos en navigeer direk na stalletjies.

KamersMakers by NAMPO-
Die gewilde KamersMakers-mark sluit vanjaar by NAMPO aan met ’n keurig saamgestelde 200m² uitstalling van plaaslike talent. Van handgemaakte kuns tot leefstylprodukte – kom koop, ontdek en vier trots Suid-Afrikaanse kreatiwiteit en vakmanskap.

Ou Gunstelinge is Terug

* Die Standard Bank 4×4-baan en African Group Lubricants Adventure Track

  • Saadpersele aan die oostekant van die terrein bied ’n blik op die nuutste graan-, voer- en weidingsvariëteite van voorste saadmaatskappye.
  • Die gewilde Nasie in Gesprek-reeks bring plaaslike en internasionale rolspelers bymekaar vir gesprekke oor aktuele landboutemas.
  • Die TAU Veevoer Vee-arena is weer ’n hoogtepunt, met amper al die geregistreerde rasgroepe van groot- en kleinvee teenwoordig, en sluit beeste, skape, varket en bokke in. Daaglikse stamboekparades sal plaasvind met streng biosekuriteitsprotokolle vir ’n veilige, insiggewende ervaring.

    Terwyl landbou wêreldwye uitdagings en toenemend onderling-gekoppelde voedselsisteme in die gesig staar, draai die kollig in 2025 na hoe plaaslike produsente wêreldkennis, netwerke en innovasies kan benut om Suid-Afrikaanse landbou te versterk. Die tema – “Globale Landbou, Plaaslik!”







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button