Local newsNews

Dis nie net gate nie – dis lewensgevaarlik

Bestuur asseblief versigtig wanneer jy op die 59 tussen Parys en Sasolburg sou ry. Daar is verskeie groot en diep slaggate.

Twee mense is vamiddag net na 14:00 beseer in ‘n motorfietsongeluk op die R59 tussen Parys en die N1-oorbrug. Beide die beseerdes is per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer.

Slaggate op dié gedeelte van die R59 wek reeds ‘n geruime tyd ernstige kommer en het talle motoriste al skade aan bande gehad as gevolg hiervan. “Dis die een voertuig na die ander wat staan met skade aan bande,” sê motoriste wat gereeld die pad gebruik.

‘n Kontrakteur het ‘n tyd gelede begin met herstelwerk aan die pad, maar motoriste sê daar is steeds dele op die pad wat nog nie reggemaak is nie en wat uiters gevaarlik is veral in reënweer en wanneer sig swak is.

Vroeër is op vrae van Gazette aangedui dat die kontrakteur nog tot einde April aan die gedeelte tussen Parys en die N1-oorbrug sal werk, terwyl die paaie departement ook aandag sou gee aan die gedeelte tussen die N1-oorbrug en Sasolburg.

Daar is intussen weer ‘n beroep gedoen op die paaie departement om indringend aandag te gee aan  groot en diep slaggate op die R59.

Selfs die gedeelte van die R59 tussen Parys en Vredefort het heelwat slegte slaggate waarop motoriste bedag moet wees.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button