Local newsNews

Dis drie vir die rekordboeke

Verlede jaar het die Vaaldriehoek met Rocking the Vaal eweneens die rekordboeke herskryf

Die Golden Traingle Chamber of Commerce se Rocking the Vaal 2025 het die afgelope naweek gesorg vir nie minder nie as drie wêreldrekords.

Na dese pronk die Vaaldriehoek in die Guinness World Records vir die die grootste pot mieliepap wat gemaak is, die langste kebab en die meeste mense wat op een slag ‘n brood kon breek.

Foto: Facebook

Seshonderd en sewe leerders deelgeneem aan die brood breek-rekord toe daar om die langtafels plekke ingeneem is vir dié uitdaging. Die vorige rekord is in die VSA in 2019 opgestel met 478 mense wat aan dié poging deelgeneem het.

Vir die grootste pot mieliepap is ‘n allemintige 2 ton mieliemeel gebruik – dubbeld dit wat met die vorige rekord gebruik is. Die einddoel was om 12 000 mense met die groot gemeenskapsprojek en feestelikheid te kon kos gee.

Vir die kebab-rekord het Rocking the Vaal geskitter met ‘n 3km lange kebab gemaak van 2,4 ton vleis. Die vorige rekord wat opgeteken is, was vir ‘n kebab van 2,047km. Altesaam 2 048 mense het gelyktydig aan die vleis gebraai.

Foto: Facebook

Verlede jaar het die Goue Driehoek-sakekamer met Rocking the Vaal eweneens die rekordboeke herskryf met ‘n serp van meer as 35km lank, en die grootste porsie potjiekos.

Die naweek was ‘n fees van musiek met verskeie kunstenaars, kos, kuier en ‘n spanpoging soos min wat by die Emerald Resort & Casino geniet is.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button