Local newsNews

Dricus en Susanna span kragte saam

Du Plessis het Saterdag, 29 Maart die kanon Susanna op die VTM se Markplein onder luide applous van honderde opgewonde ondersteuners afgevuur as deel van die monument se 'Gee ons krag'-veldtog.

“Ek is nou vir twee jaar ’n beskermheer van ons Afrikanerkultuur. Vir ander mense mag dit nie veel beteken nie, maar as ’n trotse Afrikaner beteken dit alles vir my,” sê Dricus “Stillknocks” du Plessis, middelgewigwêreldkampioen in gemengde gevegkuns en trotse beskermheer van die Voortrekkermonument (VTM) in Pretoria.

Du Plessis het Saterdag, 29 Maart die kanon Susanna op die VTM se Markplein onder luide applous van honderde opgewonde ondersteuners afgevuur. Die Monument, ’n graad 1-erfenisbaken, ondervind tans enorme druk op sy infrastruktuur, spesifiek wat kragvoorsiening betref, en Du Plessis het opnuut sy
steun aan die VTM gegee.

“Vir my om vandag hier te wees, is ’n groot eer en ek staan bankvas agter die Monument. Ek dink ook elkeen van julle is vandag hier omdat julle omgee vir ons geskiedenis en hierdie Monument, wat dit verteenwoordig en wat dit vir ons beteken.”

Die kanonskoot was nie net ’n skouspel nie – dit is ook ’n harde betoog teen onbetroubare kragvoorsiening, kabeldiefstal en swak dienslewering. Die Monument ontvang geen befondsing van die staat nie en vra met sy “Gee ons krag”-veldtog die publiek se steun om die droom van ’n selfstandige sonkragstelsel te verwesenlik.

Dricus du Plessis saam met Dawid Brand, bedryfshoof van beeld en groei by die Voortrekkermonument.

Dit gebeur min dat Afrikaners rondom ’n individuele sportheld verenig. Tradisioneel trek ons in groot getalle saam om sportspanne se welslae te vier. Du Plessis het egter met sy sukses op die wêreldverhoog hierdie sportkultuur verander. Hy is van mening dat gemengde gevegkuns in Suid-Afrika op ’n glorieryke vooraand staan.

Dricus du Plessis by die kanon Susanna wat vandag geknal het as deel van die Voortrekkermonument se ‘Gee my krag’ veldtog.

“Ons het vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika ’n wêreldkampioen en ek is oortuig dat daar in die nabye toekoms weer ’n wêreldkampioen te voorskyn sal kom. Die sport is groter as ooit in ons land, veral omdat dit nou soveel blootstelling kry. Dit is lekker om soveel ontluikende talent onder die jeug te sien en hoeveel jongmense tot die sport toetree,” sê Du Plessi

Dricus du Plessis gesels met toeskouers wat vandag se geleentheid bygewoon het.

s.

 

“Dricus is enig in sy soort en simboliseer iets wat moeilik is om in woorde uit te druk. Hy is met reg ’n eietydse en nederige rolmodel en rigtingwyser,” sê Dawid Brand, bedryfshoof: beeld en groei van die VTM.

Klik hier om die “Gee ons krag”-veldtog te steun: https://vtm.org.za/gee-ons-krag-projek/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button