Local newsNews
Motoriste gewaarsku oor dié paaie na swaar reën
Paaie is baie nat en dit is belangrik dat jy spoedgrense en volgafstande sal handhaaf.
Die R57 vanaf Petrus Steyn rigting Heilbron is weer onder water. Motoriste is gewaarsku om uiters versigtig te wees en waar moontlik eerder alternatiewe roetes te gebruik.
Die R500 (Fochville-pad) tussen 5 en 14km buite Parys het ook baie water. Daar was reeds verskeie ongelukke sedert gisteraand op dié pad.
Wees ook bedag op baie groot en diep slaggate op die R59 tussen die N1-oorbrug en Parys. Ry asseblief baie stadig hier veral in reënweer wanneer sig belemmer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



