Brug nou gesluit, Vaaldam maak nog oop
Nog 'n sluis word vanoggend by die Vaaldam oopgemaak.
Die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel is nou gesluit vir voertuie met water van die Vaalrivier wat oor die brug stroom.
Vloei by die brug is vanoggend om 07:00 gemeet teen 1 321 kubieke meter per sekonde. Die watervlak meet by die brug 2,67m.


Vaaldam is nou 109,39% vol met invloei gemeet teen 1 121,73 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 581.350 kubieke meter per sekonde.
‘n Vyfde sluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam oopgemaak word.
Uitvloei by Bloemhofdam sal stelselmatig vandag verhoog word as volg:
10:00 – 1 100 kubieke meter per sekonde
12:00 – 1 200 kubieke meter per sekonde
14:00 – 1 300 kubieke meter per sekonde
15:00 – 1 400 kubieke meter per sekonde



