Die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate soos dit vanoggend gelyk het.
Met vyf sluise nou oop by Vaaldam en heelwat water wat invloei van strome en spruite na wydverspreide reën, het talle inwoners en besoekers van vroegoggend kom water kyk in Parys. Die effek van die vyfde sluis wat vanoggend om 10:00 oopgemaak is, sal egter eers ongeveer teen 22:00 vanaand gesien word.
By die laagwaterbrug na Gholfeiland was dit vroegoggend behoorlik ‘n bedrywigheid van voetgangers, motors en selfs motorfietse.
Die foto is geneem by die laagwaterbrug wat toegang gee tot die Parys Golf & Country Estate. Foto: Liezl Scheepers
Die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate vanoggend. Foto: Liezl Scheepers.Dit was bedrywig in Parys vandag waar talle die waterskouspel kom kyk het.
Uitvloei by die Barrage was teen 13:23 gemeet op 1 078 kubieke meter per sekonde.
Foto: Liezl ScheepersDie foto is teen skemer Saterdagaand by die Mimosa Tuine in Parys geneem. Foto: Liezl Scheepers
Die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel (foto bo) is steeds gesluit vir verkeer met water wat oor die loopvlak van die brug stroom.
Vaaldam het vanoggend ‘n vyfde sluis oopgemaak. Foto: Verskaf
Dit het net na 16:00 weer in Parys begin reën. Foto: Liezl Scheepers
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.