Local newsNews
So het die prentjie by Vaaldam verander sedert Januarie
'n Vyfde sluis is vanoggend by die Vaaldam oopgemaak.
Vaaldam is tans 109,39% vol met vyf sluise wat oop is. Die oopmaak van ‘n vyfde sluis volg nadat ‘n vierde sluis gister by die dam oopgemaak is.
Teen Saterdag was die dam 107,82% vol, maar het die watervlak gestyg tot 109,39% vanoggend. Uitvloei by die dam het gevolglik verhoog van 550 kubieke meter per sekonde, na net minder as 700 kubieke meter per sekonde, terwyl invloei nou gemeet word teen 1 000 kubieke meter per sekonde.
Bloemhofdam laat tans water uit teen 1 401 kubieke meter per sekonde.
Die uitlaat by Barrage was net voor 19:00 1 136 kubieke meter per sekonde.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



