Local newsNews

Nog reën hou krisis in vir boere

Son nou baie nodig om oeste af te kry.

As daar nie vinnig son met hoë temperature kom nie, staar graanboere groot verliese in die gesig, nie net aan oesverlies nie, maar ook met siektes by vee en gewasse.

Sonneblom is nog nie reg vir stroop nie, maar begin nou omval as gevolg van die nat lande.
Dan is daar ook die gevaar van die swamsiekte Schloretina wat muf veroorsaak by veral sojabone en sonneblom as gevolg van die baie vog en min hitte.

Die wit van die swamsiekte Schloretina kan hier duidelik gesien word.

Sojaboere kon juis nie vroeër stroop nie, omdat die graan eers droog moet wees, en toe die graan droog was, het die reën gekom en is lande nou té nat om in te gaan.

Die probleem met soja is juis dat die aanhoudende reën, son, reën, son maak dat peule kraak en die pitte uitval en dan lê die oes op die grond.

Volgens Barry Coetzee wat in die Vredefort-distrik boer, lyk oeste mooi, maar dit moet nou af.

Sy soja is reg om te stroop, maar die afgelope 14 dae het hy 200mm reën op sy grond gehad sê Coetzee.
“Mens sê nooit nee vir reën nie, maar dinge raak nou moeilik,” sê hy.

Waar boere wel nog in lande kan inkom, is daar panne en nat kolle waar nie gestroop kan word nie.

Selfs 5mm reën lyk nou na 30mm met grond wat oorversadig is en water wat net wegloop.

Die situasie is so kritiek dat selfs sterk wind nou skade kan bring met graan se wortels wat afbreek in die nat grond.

Meeste mielies lyk nog goed. Koppe hang nog nie en die blare beskerm die pitte, maar met die baie reën dam vog op tussen die blare en pitte, wat Diplodia (kopvrot) kan veroorsaak. Dit kan graadprobleme vir boere beteken.
Nog ‘n probleem is stamvrot by mielies wat gebeur wanneer die mielie van onder af begin vrot as gevolg van nat toestande.

Wat nou nodig is is minstens twee weke se baie warm son.

Té nat lande maak dat boere nie kan stroop nie.

Baie boere kon eers laat plant weens droeë toestande in Desember/Januarie, en is daar ook vrese vir lae opbrengste met laat aanplantings.

Wat veeboere betref is daar uitdagings met vrotpootjie by skape en beeste. Die vee staan, lê en vreet in die nat veld en dit kan selfs ongontsteking veroorsaak.

Vee is ook al verloor weens Stywesiekte as gevolg van die muggies en muskiete in die vleie wat juis floreer in die huidige klimaatsomstandighede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button