Local newsNews

Besondere Paastoneel by Oos-gemeente te sien

Gaan kyk gerus na die besondere Paastoneel op die kerksaal-stoep.

Die NG gemeente Parys-Oos beeld vanjaar ‘n besondere Paastoneel uit op die stoep van die gemeente se kerksaal. Die toneel word saans verlig en is werklik iets om te sien vanaf die hoofpad en Allenbystraat.

Gedurende Desember het die Kerstoneel wat hier op die kerksaal-stoep uitgebeeld is, die aandag van baie besoekers en verbygangers getrek.

Die span wat verantwoordelik was vir die Paastoneel op die kerksaal-stoep van die NG gemeente Parys-Oos. Agter hulle is die treffende toneel.

Die poppe wat vir die uitbeelding gebruik word, is ook vorige jare met onder ‘n Avondmaal uitbeelding in die kerksaal gebruik waar mense ‘n unieke en persoonlike belewenis van Paasfees kon hê met stilwordpunte.  Die poppe is die afgelope drie jaar deur Johnny Olivier van Hidden Teasures vir die gemeente geleen vir die tonele wat uitgebeeld is, maar is vanjaar deur hom vir die gemeente geskenk.

Aan die stuur van die mooimaak-span vir die Paastoneel was Helena de Villiers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button