Local newsNews

Spertyd weer verleng vir oorskakeling van dié Postbank-kaarte

Die nuwe kaarte bied verbeterde veiligheidstelsels. 

Sassa-begunstigdes wat hul toelae met die goue kaart van Sassa en Postbank kry, moet teen 31 Mei oorgeskakel wees na die nuwe swart Postbankkaarte. Die sperdatum was by herhaling in die verlede al  uitgestel.

Postbank is net een van die Suid-Afrikaanse banke wat die maandelikse uitbetalings maak aan 2,6 miljoen (of te wel 15%) van die 19 miljoen begunstigdes van maatskaplike toelaes. Die verwagting is nou dat sou Postbank-begunstigdes van maatskaplike toelaes met goue kaarte nie teen die sperdatum oorgeskakel het na die nuwe swart kaart nie, die kliënte moontlik na ander banke oorgeskuif sal word vir die uitbetalings.

So is vroeër gesê deur Sisisi Tolashe, die minister van maatskaplike ontwikkeling.

Die verbintenis is egter gegee dat geen begunstigdes se uitbetalings in gedrang sal kom nie, selfs na die sperdatum, en dat die geld in begunstigdes se rekeninge sal reflekteer.

Begunstigdes se rekeningnommers bly met die oorskakeling onveranderd.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button