

By Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier het die water heelwat gestyg en sien jy die Vaal se water hier naby die sypaadjie by die brug.

Talle het vandag die water in Parys kom kyk.

‘n Kind ry deur die water op die grasperke by die laagwaterbrug-ingang na die Parys Golf & Country Estate. Die brug is toe onder water en gesluit vir voetgangers en verkeer.





Vanmiddag is sandsakke by die laagwaterbrug-ingang na die Parys Golf & Country Estate gepak om te verhinder dat die water na die strate en eiendom hier vloei.

In Fickstraat naby die hangbrug in Parys lê die water in die pad.

Talle besoekers het kom water kyk in Parys en kon besoekers weer soos van ouds op die dorp se geskiedkundige hangbrug loop om na die Vaalrivier se water te kyk danksy vrywilligers wat vroeër plan gemaak het om uit eie fondse weer die brug te kon beveilig nadat ‘n kabel in Desember gebreek het, en die brug vir ‘n tyd lank vir voetgangers gesluit was.





