Tienerdogter al vyf dae vermis
Enigeen wat moontlik weet waar Deidra is, of enige inligting het oor haar bewegings sedert sy die laaste keer gesien is, is gevra om haar ma, Adri te skakel by 064 007 5240. Mense kan ook die Tumahole-polisiestasie skakel by (016) 974 6132/30/68 of die ondersoekbeampte, sers. Caleni by 082 465 3140.

Daar word gesoek na die 16-jarige Deidra Bonolo Seitheiso, n graad 9 leerder van Hoërskool Parys wat Dondermiddag die laaste keer gesien is.
Volgens Deidra se ma, Adri, het sy Donderdag ‘n boodskap gekry wat sy gedink het van een van Deidra se vriendinne was, en waarin gevra is dat sy vir ‘n paar dae daar sou oorslaap, en weer Saterdag tuis sou wees. Deidra het egter nie huis toe gekom nie.
‘n Huurmotorbestuurder het bevestig dat hy haar by haar huis in Schonkenville Donderdagmiddag om 16:00 opgelaai het, en toe by die Total-vulstasie in die dorp afgelaai het, sê Adri.

Adri het reeds ‘n vermiste persoon saak by die Tumahole-polisiestasie aangemeld.
Deidra het pienk gedra ten tyde van haar verdwyning. Sy is klein gebou en van gemiddelde lengte.