Local newsNews

Dis amper tyd om jou gunsteling sakeonderneming in Parys te nomineer

Hou dié spasie dop vir meer inligting oor die volgende paar weke.

Daar is niks wat kom by uitstaande kliëntediens nie. Juis daarom gee MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette,  weer vanjaar  lesers geleentheid om deel te neem aan ‘n projek om erkenning te gee aan uitblinker-sakelui in Parys.

Die dorp se sakegemeenskap speel ‘n deurslaggewende rol om werk te skep en die dorp se ekonomiese wiele aan die rol te hou.

Deur middel van die Best of Parys Readers’ Choice Awards sal daar weer erkenning gegee word aan plaaslike besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering ‘n goeie naam in Parys opgebou het – hetsy dit koffiewinkels, restaurante, gastehuise, apteke, eiendomsagentskappe noem maar op, of enige ander private onderneming is.

Nominasies sal vanaf 19 Mei gedoen kan word.

Let daarop dat die kompetisie in digitale formaat is, en dat slegs digitale nominasies aanvaar sal word sodra die nominasieproses eers begin.

Jy sal besighede in verskeie kategorieë kan nomineer.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button