Local newsNews

Seëlliefhebbers vier ook Afrikaans 100

Soos die pos van briewe wêreldwyd kwyn, neem die gebruik van seëls af en word minder, maar Erasmus sê wanneer die aanbod minder raak, styg die aanvraag, wat die versameling van seëls noodwendig stimuleer.

Die Senotaafsaal in die Voortrekkermonument is die week van hoek tot kant met seëluitstallings gepak. ‘n Organisasie wat ‘n passie het vir die versameling en studie van posseëls en posverwante items, die Afrikaanse Filatelievereniging van Pretoria (AFP) het hierdie besondere lokaal gekies vir sy Afrikaans 100 Seëluitstalling.

Seëlgeesdriftiges met hul 54 uitstallings oor 130 rame, van regoor Suid-Afrika stel hulle stokperdjie vanaf 8 tot 11 Mei daar ten toon en die fokus van hierdie uitstalling is op Afrikaans in die filatelie oor die laaste 100 jaar, maar dit sluit egter nie ander onderwerpe van studie uit nie.

Dr. Louwrence Erasmus, voorsitter van die AFP sê daar is in Afrikaans 100 vyftien verskillende klasse waarbinne filatelie bestudeer kan word. In dertien van die klasse kan uitstallers mededingend deelneem.

smart

“Die AFP is in 1951 gestig onder die naam, Afrikaanse Philatelistiese Verening van Pretoria (APVP),” sê hy. “Ons het tans 34 lede waarvan 25 geaffilieerde lede van die Filateliese Federasie van Suid-Afrika (PFSA) is. Die PFSA is die oorkoepelende orgaan wat georganiseerde filatelie in Suid-Afrika verteenwoordig en is 'n lid van die Fédération Internationale de Philatélie (FIP). FIP koördineer geörganiseerde filatelie op internasionale vlak.”

Hy sê meer as die helfde van die uitstallings handel oor Afrikaans en oorsprong van dié taal en uitstallers gebruik verskeie invalshoeke om hierdie taalverhaal uit te beeld.

Afrikaans word uit verskeie oorde waardeer. Erasmus sê hy is aangenaam verras oor die Engelse uitstallers wat by hierdie Afrikaans 100-uitstalling gaan wees. “Ons het ‘n paar inskrywings van die Pretoria Philatelic society, die Engelse seëlklub in Pretoria en die Royal Philatelic Society of Cape Town het drie inskrywings in Afrikaans ingestuur. Ek was so verbaas dat die Engelse mense ons so in Afrikaans ondersteun,” sê hy. Daar is ook inskrywings uit Pietermaritzburg, Mosselbaai, Kings William’s Town en Sasolburg en baie van die mense het self opgery om te kom uitstal.

Kinders wil stories met seëls vertel.
Om die versameling van seëls onder kinders te bevorder gaan die AFP met hierdie uitstalling ‘n nuwe aanslag volg. “Ons het gevind dat kinders ook baie belangstel in seëls, maar dat hulle eerder ‘n storie met hulle seëls wil vertel en nie net bloot seels bymekaarmaak omdat dit daar is nie,”sê Erasmus.

“Daar gaan twee laerskoolkinders agter die uitstaltafels wees. Die seun is mal oor  dinosaurusse en vertel die storie van dinosaurusse met die seëls wat hy oor hierdie prehistoriese diere versamel het. Die dogtertjie het twee inskrywings oor katte gemaak, wat met kreatiewe maniere die storie van haar katte in haar uitstalling vertel.

Daar sal ook uitstallings oor die Grensoorlog wees, wat ook ‘n groot trekpleister vir jong seuns is, wat nie die volle verhaal van dié oorlog op skool geleer is nie.

Filatelie bly gesond
Soos die pos van briewe wêreldwyd kwyn, neem die gebruik van seëls af en word minder, maar Erasmus sê wanneer die aanbod minder raak, styg die aanvraag, wat die versameling van seëls noodwendig stimuleer. “Ons poskantoor het juis ‘n seël met president Cyril Ramaphosa se gesig op bekendgestel waarvan ‘n beperkte aantal gedruk is, so dit sal baie waardevol wees vir versamelaars wat presidente se gesigte versamel,” sê hy.

Die beoordeling is Donderdag, die eerste dag gedoen en die resultate dan op die uitstallers se rame en naamkaartjies aangebring, sodat die skougangers vir die volgende drie dae kan sien wie die wenners is. Die twee beoordeelaars wat saam met Erasmus gaan optree is ‘n wêreldbekende uit
Kaapstad, Hugh Amoore van Royal Philatelic Society of Cape Town en Andre du Plessis van die Pretoria Philatelic Society.

Kom maak ‘n draai in die Senotaafsaal en ervaar die ryke nalatenskap van Afrikaans in iets besonders soos die versameling van seëls en wys vir jou kinders hoe spesiaal dit was om destyds ‘n geskrewe boodskap by ‘n ander persoon uit te kry.

Pensioennarisse, studente en kinders betaal R60 toegang per dag per persoon en volwasse besoekers betaal R100 per dag. Die uitstalling is vanaf nege-uur oop vir die publiek en die beoordeling vind op sewe en agt Mei plaas.

Kontak dupreez@kultuurtuiste.org.za vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button