Local newsNews

Gholfers slaan die bal vir MooiParys

Wys jou ondersteuning en kom skryf in vir die gholfdag of gee jou skenking om van die dag 'n sukses te maak.

Week na week sien jy die span van MooiParys in Parys se hoofstraat, op sypaadjies en in parke, besig om skoon te maak. ‘n Taak wat deur ‘n handjievol vrywilligers met die ondersteuning van borge op hul skouers geneem is om seker te maak Parys ise strate is skoon vir besoekers wat naweek vir naweek na die dorp stroom.
Nou is dit jou beurt om MooiParys te help met ‘n geldelike hupstoot om dié nie-winsgewende, vrywilliger organisasie te help om  aan te hou om Parys mooi te hou.
n Gholfdag ten bate van MooiParys word Vrydag 30 Mei op die Parys Golf & Country Estate-baan gehou. Spel is in ‘n IPS-formaat., met  registrasie vanaf 09:00, en die Shotgun wat om 10:00 begin.

Die koste is R500 per persoon wat ‘n gholfkarretjie insluit.

Registreer nou by die Pro Shop tel. (56) 818 1567, of stuur e-pos na proshop@parysestate.co.za

Jy kan ook die webwerf www.parysgolfandcountryestate.co.za besoek.

As jy nie ‘n gholfer is nie, kan jy jou steun wys met die borg van ‘n putjie teen R1 000, of pryse of borge vir die dag.

Die prysuitdeling is om 16:00 die middag en belastingsertifikate is op aanvraag beskikbaar vir donateurs wat bydra tot die sukses van die dag.

Wie en wat is MooiParys?

MooiParys het sy ontstaan in 2020 gehad met die doel om die dorp skoon te maak, te verfraai en te herstel.

Viir meer as vier jaar word die dorp  se strate en parkareas deurlopend skoongemaak, sypaadjies en ingange van die dorp verfraai,, en die strate en sypaadjies waar en wanneer moontlik herstel met die hulp van borge en die publiek wat die organisasie ondersteun.

Hierdie bydraesi het in die verlede selfs gehelp om die dorp se begraafplaas te kon skoonmaak.

Die weeklikse skoonmaak gaan  nie ongesiens verby nie. Oor die jare was daar vele komplimente van besoekers wat raaksien hoe skoon die dorp is.
Met die ekonomie wat knyp het MooiParys se gereelde bydraes van die publiek en sakelui egter oor die afgelope maande afgeneem, en daarsonder kan MooiParys  nie die waardevolle bydrae lewer waarby ook die dorp se ekonmie en sy mense  baat.
Wys jou ondersteuning en kom skryf in vir die gholfdag of gee jou skenking om van die dag ‘n sukses te maak. Alternatiewelik kan jy ‘n bydrae direk in MooiParys se bankrekening maak:by: MooiParys, Absa, takkode: 005920, rekeningnommer: 410 5545 894.
“Al die geld wat ons van donateurs kry gaan net so vir brandstof vir die grassnyers, en lone vir arbeiders wat help skoonmaak en grassny,” sê MooiParys se Braam Cilliers.
Kom ondersteun daarom die fondsinsameling om Parys mooi te hou.
As jy  betrokke wil raak by MooiParys kan  jy‘n WhatsApp na Braam stuur by 072 779 4079, of Paul by 084 818 3123.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button