Local newsNews

‘n Huis vir polisiekonstabel en sy gesin na verwoestende brand

"Die projek beklemtoon ook die krag van gemeenskapsamewerking en die impak van deernisvolle leierskap," het kapt. Loraine Earle gesê.

‘n Polisiekonstabel van Bethlehem wat in Augustus verlede jaar alles verloor het wat hy en sy gesin gehad het na ‘n verwoestende brand, sal uiteindelik na maande weer ‘n tuiste vir hom en sy gesin hê.

Danksy ‘n gesamentlike poging word ‘n nuutgeboude, volledig gemeubileerde huis aan die Motete-gesin Woensdag oorhandig, het polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle gesê.

Knst. Macdonald Motete, het die nag van die brand dapper sy vrou en vier kinders uit hul brandende woonhuis gered.

Die inisiatief om vir die gesin in nood weer ‘n huis te kan gee, is gelei deur die Vrouenetwerk en Mans vir Verandering in Bethlehem, met ondersteuning van verskeie eksterne belanghebbendes, en sê kapt Earle die gebaar toon die SAPD se verbintenis tot humanitêre diens en die herbou van lewens. “Die projek beklemtoon ook die krag van gemeenskapsamewerking en die impak van deernisvolle leierskap.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button