Donkerder vir langer – werk jou motorligte behoorlik?
Maak seker dat jy joju motor se ligte gereeld nagaan.
Die winter is hier, en met vroeë sonsondergange en donker oggende, tesame met beurtkrag en gebrekkige straatligte, is dit nou belangriker as ooit om seker te maak dat jou motor se ligte behoorlik werk. Dewald Ranft, voorsitter van die Motor Industry Workshop Association (MIWA), beklemtoon dat swak sigbaarheid ‘n groot bydraende faktor tot padongelukke gedurende die winter is.
Ranft beveel aan dat motoriste hul voertuig se ligte gereeld nagaan. Hy stel die volgende voor:
-
Skakel jou hoofligte aan en toets die helder en dowwe ligte.
-
Kontroleer alle aanwysers – voor, op die kantspieëls en agter.
-
Toets die agterligte.
-
Trap die rempedaal om seker te maak albei remligte werk.
Indien enige ligte nie werk nie, neem jou motor na ‘n geakkrediteerde MIWA-werkswinkel. Die meeste gloeilampvervangings kan gedoen word terwyl jy wag. Vra ook jou werktuigkundige oor die kwaliteit van die gloeilampe.
Ranft beklemtoon verder dat goeie beligtingsgewoontes saak maak. “Aanwysers is nie opsioneel nie, en hoofligte is noodsaaklik wanneer sigbaarheid swak is – veral tydens beurtkrag wanneer verkeersligte buite werking is. Verantwoordelike bestuur red lewens.



