Local newsNews

Goeie diens staan uit en laat jou terug gaan keer op keer

Nomineer nou jou gunsteling besigheid in Parys waar kliëntetevredenheid en diens koning kraai

Ken jy daardie gevoel as jy instap by ‘n besigheid en op die hande gedra word?

Daar is mos niks wat kom by uitstaande kliëntediens nie. Daardie besighede wat kop en skouers uitstaan wanneer dit kom by die ekstra myl wat geloop word om diens en tevredenheid te waarborg.

Parys het talle sulke sakeondernemings wat uitstaande diens lewer. Of dit nou ‘n gastehuis, prokureursfirma, apteek, oogkundige, hardeware winkel, restaurant, haarsalon of motorwerktuigkundige is. Noem maar op  – dit is daardie toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering wat jou keer op keer laat terug gaan.

In moeilike ekonomiese tye waar diens juis ‘n deurslaggewende rol speel, is dit nodig om ons besighede erkenning te gee.

Daarom nooi MooiVaal Medie lesers om weer vanjaar plaaslike sakeondernemings wat na jou mening uitstaan in jou dorp, te nomineer vir vanjaar se Best of Parys – Readers Choice-toekennings.

Hierdie projek word vir die tweede jaar agtereenvolgens aangebied.

Wees deel van die positiewe dryfkrag deur verdienstelike besighede in die onderskeie kategorieë te nomineer.

Nominasies sluit 2 Junie.

Die kompetisie word slegs aanlyn aangebied en moet jy die aanlyn nominasievorm voltooi deur die QR-kode hieronder deur jou selfoon se kamerafunksie te skandeer, wat jou dan direk na die nominasievorm neem.

Slegs digitale nominasies word aanvaar.

So werk dit:

  • Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer.
  • Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.
  • Die wenners sal dan by ‘n spog geleentheid aangewys word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button