Skakel jou alarm aan – selfs net vir 30 minute
Dit is belangrik dat jy enige verdagte bewegings of persone in jou woonbuurt onmiddellik aan die polisie rapporteer.

Selfs al beplan jy om net vinnig ‘n draai te gaan ry, is dit belangrik om steeds jou alarm te aktiveer, om te verhinder dat jy nie n geleentheid vir misdadigers skep nie.
“Mense los selfs hul hekke oop vr ‘n vinnige heen-en-weer,” sê Charnel Hattingh, Groep Hoof van Bemarking en Kommunikasie vir Fidelity ADT. Dit is ‘n openlike uitnodiging vir kriminele elemente.
Jy moet ook gereeld jou alarm toets en jou eiendom nagaan vir moontlike swakpunte.
Hier is ‘n paar waardevolle wenke:
-
Skakel jou alarm aan wanneer jy jou huis verlaat, selfs al is dit net vir 30 minute, en wanneer jy gaan slaap.
-
Toets jou alarm gereeld om seker te maak dit werk.
-
Maak vensters toe en kyk dat alle deure gesluit is wanneer jy die huis verlaat.
-
Aktiveer ook buite-sensors
-
Sluit alle tuin-, ontspannings- en ander toerusting weg wanneer dit nie gebruik word nie.
-
Wees ekstra waaksaam wanneer jy die huis verlaat en terugkeer. As jy iets of iemand verdags opmerk, moenie in jou oprit inry nie.
-
Moenie vreemdelinge op jou eiendom toelaat nie, ongeag wat hul motivering mag wees. Maak seker jou huishoudelike personeel ken hierdie reël.
-
Dra altyd ‘n afstands-paniekknoppie wanneer jy by die huis is en voorsien jou huishoudelike personeel van paniekknoppies.
Rapporteer enige verdagte aktiwiteite onmiddellik aan die SAPD of jou sekuriteitsverskaffer.



