Local newsNews

Op pas waar jy koop

Naas diefstal van koper, roof waar grypdiewe waardevolle items by jou sou vat, en diefstal by OTMs,, is aanlyn bedrog en skelmstreke van die grootste misdaad waarmee die polisie daagliks te doene kry.

Is jy ook een wat vrek oor ‘n bargain. Of dit nou ‘n leer sitkamerstel, ‘n stel gholfstokke of ‘n paar valstande is – mense is ewig op soek na ‘n ou winskopie. Met Facebook en ander sosiale media platforms, is aanlyn kopies ‘n groot versoeking. Jy kan letterlik op jou selfoon blaai van die een bargain na die ander en vinnig en maklik vanuit die gerief van jou huis ‘n paar winskopies kry. Als
aanlyn.

Maar oppas! Naas diefstal van koper, roof waar grypdiewe waardevolle items by jou sou vat, en diefstal by OTMs, is aanlyn
bedrog en skelmstreke van die grootste misdaad waarmee die polisie in Parys nou letterlik daagliks te doene kry. Dit is gesê by die maandelikse Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) vergadering.

Mense koop en verkoop laat dit bars aanlyn, maar baie selde word die webtuiste of persoon wat die item verkoop se profiel nagegaan. Vergeet maar daarvan om die telefoonnommer of adres agterna op te spoor – skelms is baie meer uitgeslape as dit. Weet maar – as iets te goed is om waar te wees, dan is dit.

Dalk het jy al sonder probleme ‘n hele paar goed aanlyn bestel of gekoop, maar onthou – net daar is altyd ‘n eerste keer vir alles.

So skakel jy Parys SAPD:
Parys SAPD se telefoonlyne is datalyne. Dit beteken dat waneer daar kragonderbrekings is, mag jy dalk sukkel om deur te kom na die polisie se gemeenskapdienssentrum. Al klink dit of die telefoon aan jou kant lui, lui die telefoonlyn in der waarheid dan nie in die gemeenskapdienssentrum nie, en skep dit dan by die pubiiek die persepsie dat daar nie antwoord is nie. Stoor daarom die
volgende nommer vir Parys SAPD wat te alle tye sal werk: 082 466 7416

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button