Local newsNewsPrimary School

Liga-segetog vir Parys Primêr op die rugbyveld

Groot dinge word verwag van die spanne in 2026,

Harde werk, dissipline en die wil om vir mekaar te speel het die basis gevorm en gelei tot ‘n oorwinning vir twee van Primêre skool Parys se rugbyspanne in die Valke-liga finaal.
Die skool se o9 A-span het op 11 Junie Fonteine Primêr finaal die knie laat buig met ‘n telling van 19-17 op Hoërskool Dr Malan se veld in Meyerton. Die span word afgerig deur mnre. J. Olivier en L. van Wyk.

Die o11B’s het ‘n drieë-fees gehad. In hul segetog tot by die finaal druk hulle 22 drieë en staan slegs ses af.

Goeie oorwinnings is oor Fonteine Primêr behaal met wentellings van 40-0 (liga) en 38-0 (semi-finaal).

Uiteindelik het ‘n telling van 20-12 ‘n oorwinning oor Emfuleni Park vir Parys beklink.

Die o.9A-span en hul afrigters na hul oorwinning.

‘n Trotse oomblik vir die o.11B-span en hul afrigters.

Speler van die jaar, Luan Swart het al 20 punte vir sy span op die telbord gesit in die finaal. Hy is ook by die jaareindfunksie aangewys as beste voorspeler van die jaar, terwyl Jaden Bam aangewys is as beste agterspeler van die jaar.

Dank aan die afrigters mnre. Altus Heunis, David de Jager en Leon Kruger, wat saam met die seuns naweke en vakansies opge-offer het om van die span ‘n wenspan te kon maak.
Daar is ook waardering vir elke ouer wat getrou die oefeninge en wedstryde bygewoon het, en ‘n stewige ondersteuningsbasis gevorm het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button