Local newsNews

Talle huise oorstroom ná swaar reën

Die koue en nat weerstoestande sal na verwagting tot minstens Maandag voortduur.

Swaar reën het veroorsaak dat talle huise in die Kwakwatsi-woonbuurt by Koppies, en in die Phiritona-woonbuurt by Heilbron oorstroom het. In Saundersville alleen is berigte ontvang van 16 huise wat oorstroom het.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het vroeër vanmiddag gewaarsku dat die brug op die S44 tussen Heilbron en Phiritona oorstroom is.

Swaar reen in Kwakwatsi
Talle huise in die Kwakwatsi-woonbuurt by Koppies is ná swaar reën oorstroom.
Saundersville oorstromings
MInstens 16 huise is in die Saundersville-woonbuurt by Heilbron oorstroom.
Skade is ook paaie by Heilbron veroorsaak

In Parys is tussen Dinsdagoggend en Sondagoggend 58mm reën gemeet, terwyl in die Vredefort-distrik tot 70mm reën gemeet is.

Koppies-dam was teen vanoggend 08:00 reeds 98,9% vol.

Vaaldam het vanoggend om 08:00 uitvloei verhoog na 60 kubieke meter per sekonde.

Die uiterste weerstoestande wat die naweek gesien is, is die gevolg van ’n afgesnyde laedrukstelsel, wat van Saterdag tot Maandag (15–17 November) weerstoestande sal beïnvloed. Die tipe weerstelsel word dikwels geassosieer met wydverspreide reën en swaar donderstorms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button