Local newsNews

FAK-Geskiedenisolimpiade groter as ooit

Inskrywings is reeds oop en beloof die olimpiade die grootste nog te wees met skole wat ook erkenning kan kry vir deelname.

Inskrywings vir die FAK se gewilde jaarlikse Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade
is oop en vanjaar se projek beloof om die grootste tot nog toe te wees. Met ’n
verfynde struktuur, groter internasionale deelname en diepgaande leergeleenthede vir
kinders wêreldwyd, word ’n selfs sterker klem op die belangrikheid van kennis, erfenis en
geskiedenis as boustene vir jongmense se identiteit geplaas.

“Geskiedenis is veel meer as net datums, feite en eksamenvraestelle,” sê dr. Danie
Langner, besturende direkteur van die FAK. “Dit is ’n sleutel tot behoort, rigting en
selfvertroue.

Internasionale navorsing toon keer op keer dat kinders wat hul eie kulturele en
geskiedenisverhaal ken, ’n sterker identiteit ontwikkel en beter toegerus is om hul plek in die
wêreld met sekerheid in te neem. Dit is teen hierdie agtergrond dat die FAK-
Geskiedenisolimpiade ’n unieke rol speel: om Afrikanerkinders, waar hulle hulself tans ook al
bevind, weer toegang tot hul eie verhaal te gee – ’n verhaal wat dikwels verwater word of
selfs uit die geskiedenisboeke verdwyn.

“Vir ’n kind is geskiedenis ’n spieël waarin hy leer om homself te herken, ’n kompas wat
rigting gee, en ’n anker in ’n wêreld wat toenemend onseker en ontwortel voel. Wanneer
kinders hul geskiedenis leer, ontdek hulle nie net feite nie – hulle ontdek hulself. ’n Gesonde
identiteit begin met ’n begrip van waar jy vandaan kom, watter waardes jou gevorm het en
hoekom jou erfenis betekenis dra,” sê Langner.

Die grootste jaar nóg

Danksy ’n samewerkingsooreenkoms met die Beweging vir ChristelikVolkseie Onderwys
(BCVO) het die projek aansienlik uitgebrei. Waar leerders voorheen die twee rondtes tuis
geskryf het, een om die provinsiale wenners en een om die nasionale wenners aan te wys,
gaan die tweede rondte vanjaar in persoon in ’n lokaal geskryf word. Daar is reeds 15 lokale
landwyd geïdentifiseer, ten minste een in elke provinsie, en die lokale gaan ook digitaal met
mekaar verbind wees.

Erkenning strek verder as net leerders: skole word ook beloon vir hul betrokkenheid.
Kontantpryse, sertifikate, balkies en wydverspreide erkenning wag op deelnemers.
Kinders van reg oor die wêreld kan deelneem. Alle deelnemers skryf dieselfde
Moodlegebaseerde toets, wat verseker dat elke leerder gelyke geleenthede het, ongeag
waar hulle woon.

Belangrik om te weet

 Inskrywings open: 2 Februarie 2026
 Koste: Gratis
 Graadvlakke: Graad 4–12
 Handleidings: Word ná inskrywing voorsien

Ouers word aangemoedig om hul kinders vroegtydig in te skryf, om hulle meer tyd te gee om
vir die eerste rondte voor te berei.

Navrae

Vir meer inligting, stuur ’n epos na olimpiade@fak.org.za of skakel +27 12 301 1777.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button