Local newsNews

Plaaslike ontwerper skitter met prag uitrustings op die wêreldverhoog

Die ontwerpe was gekenmerk deur fyn detail kenmerkend van die werk van ontwerper Tienie Boshoff.

In ‘n asemrowende skepping van goud en blou, het plaaslike ontwerper Tienie Boshoff die warmte en kleurrykheid van Suid-Afrika se landskappe, sy mense en sy erfenis vasgevang met die nasionale kostuum van Mev. Suid-Afrika 2025, Erin Jane Miller, waarmee sy koppe laat draai het by die pas afgelope Mev. Wêreld-kroning in Vegas.

Boshoff het die goue materiaal in die ontwerp gebruik om die land se minerale rykdom uit te beeld, terwyl die blou tekenend was van die land se ongelooflike sonsondergange en natuurskoon.

Erin Jane Miller in haar nasionale kostuum, ontwerp deur Tienie Boshoff, vir haar Mev Wêreld-deelname in Vegas. Foto: @amoriearts

Die gebruik van die twee kleurskakering was ‘n perfekte simbolisering van nasietrots en dit wat eie is aan Suid-Afrikaners – hul warmte en kleurvolheid.

Benewens Miller se uitsonderlike nasionale kostuum, was Boshoff se ontwerp van haar aandrok vir die finale uitdun, eweneens ‘n treffende toonbeeld van elegansie. Met die ontwerp in goud en smaraggroen met kristalafwerking, het Miller gestraal met glans en die gesofistikeerdheid van die moderne vrou. ‘n Ware ambassadeur wat onder die wêreld se top 18 skoonhede by die kroningsaand was.

Errin Jane Miller, n toonbeeld van elegansie in die ontwerp van Tienie Boshoff vir haar MevWêreld deelname. Foto:@amoriearts
Erin Jane Miller, n toonbeeld van elegansie in ʼndie  ontwerp van Tienie Boshoff vir haar Mev Wêreld deelname. Foto:@amoriearts

Vanjaar se skoonhede is ook getrakteer met ‘n beosek aan die legendariese Elvis Presley Suite waar Miller ‘n tweestuk ontwerp van Boshoff gedra het.

Benewens Miller se uitrustings is Boshoff se fyn oog vir detail ook gesien in die uitrustings van Tshego Gaelae, voormalige Mev SA en Mev Wêreld (2025), vir haar bywoning van die kroningsgeleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button