Local newsNews

Polisielid verdrink terwyl hy op die spoor van verdagte is

Die tragiese voorval het nie net die nodigheid van samewerking tussen die publiek en die polisie uitgewys nie, maar ook weer klem gelê op die gevare waaraan polisielede blootgestel is in die uitvoering van hul pligte.

“Ons het ’n toegewyde polisiebeampte verloor wat die hoogste prys betaal het in die uitvoering van sy pligte terwyl hy die gemeenskap gedien en beskerm het. Konstabel Mota se dapperheid en toewyding sal nie vergeet word nie.” So het majoor-geneeral (dr) Ryno Naidoo gesê na die tragiese dood van die 25-jarige konstabel Gift Mota op 4 Februarie nadat hy in ‘n dam verdrink het terwyl hy ‘n verdagte agterna gesit het in die Phokeng-gebied in Noordwes.

Konstabel Mota was verbonde aan die Sigbare Polisiëring Misdaadvoorkomingseenheid in Phokeng, en was besig met patrolliediens saam met van sy kollegas, toe hulle deur ’n gemeenskapslid genader is wat beweer het dat ’n verdagte, wat met sake van roof en huisbraak verbind word, opgemerk is.

Kolonel Adéle Myburgh sê die betrokke polisielede het die gemeenskapslid vergesel na die Masosobane- en Raffredy-afdelings – ’n bosagtige gebied met ’n dam naby. Nadat die verdagte opgemerk is, het die lede hom agternagesit. Die verdagte het in die dam ingehardloop, en is konstabel Mota agterna. Hy het kort daarna uit sig verdwyn terwyl hy agter die verdagte aangeswem het.

Die toneel waar konstabel Mota verdrink het. Foto: Verskaf
Die toneel waar konstabel Mota verdrink het. Foto: Verskaf

Die duikeenheid is ontbied wat die liggaam van die konstabel uit die dam gehaal het.

’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek, het Myburgh bevestig.

Polisielede op die toneel waar 'n konstabel gesterf het in die uitvoering van sy pligte. Foto: Verskaf
Polisielede op die toneel waar konstabel Mota gesterf het in die uitvoering van sy pligte. Foto: Verskaf

Konstabel Mota is in November 2025 na Phokeng oorgeplaas en was oorspronklik van Ermelo in Mpumalanga.

Meegevoel

Naidoo, het sy innige meegevoel betuig teenoor die familie, vriende en kollegas van die konstabel Mota

Die polisie staan by sy familie in hierdie pynlike tyd en sal verseker dat hulle die nodige ondersteuning kry,” het  Naidoo gesê.

Naidoo het ook ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om voort te gaan om nou saam met die polisie te werk in die stryd teen misdaad, terwyl hy ook erkenning gegee het aan die gevare wat polisielede daagliks in die uitvoering van hul pligte in die gesig staar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button