Daar word weer gepeuter met die slotte
Vandale veroorsaak gereeld skade by die geskiedkundige hangbrug en is dit net danksy vrywilligers dat die brug en omgewing so netjies en instand gehou word.
In 2024 is in die plek van die honderde slotte wat voorheen aan Parys se bekende hangbrug oor die Vaalrivier gehang het en groot skade aan die brug veroorsaak het, die Mur de Souvenirsāopgerig sodat mense nou hier hul slotte kan hang.
Ongelukkig kan vandale ook nie hul hande van die slotte afhou nie, en is daar weer verlede week gesien dat van die slotte op die Mur de Souvernirs geknip is.
Vir baie is die tradisie om ‘n slot by die Mur de Souvenirs te hang, juis iets wat ‘n besoek aan Parys ekstra spesiaal maak.


Die hangbrug is dan ook een van Parys se grootste toeriste trekpleisters, en dit is danksy vrywilligers dat die brug en omgewing uit eie sak instand en netjies gehou word.
As jy verdagte bewegings by die hangbrug sou sien, meld dit aan by die polisiestasie en help om hierdie vernielsug stop te sit.



