Bysteek – wat om te verwag
Reaksie op bysteek is baie onvoorspelbaar, selfs al is jy nie allergies vir bysteek nie.
In die meeste gevalle veroorsaak ‘n bysteek ‘n matige gelokaliseerde reaksie waar die by jou gesteek het.
* Jy kan swelling, rooiheid en selfs intense pyn verwag waar die by jou gesteek het.
* ‘n Jeukerigheid en irritasie van die vel is ook nie ongewoon nie. Dit sal egter beperk wees tot die plek waar die by jou gesteek het en kan jy die genoemde simptome dalk vir ‘n paar dae ervaar
* In sommige gevalle kan ‘n matige tot hewige allergiese reaksie wel voorkom.
Hoe gemaak as ‘n by jou steek?
* Skraap die angel onmiddellik uit met ‘n plat voorwerp om te verhoed dat die gif van die angel versprei.
* Maak die geaffekteerde deel goed skoon met warm water en seep.
* Sit ‘n yspak op om swelling en rooiheid te help voorkom. Monitor die persoon vir enige allergiese reaksie.
Moenie aan die steekplek krap nie.
Sou jy enige van die volgende simptome na ‘n bysteek hê, kan dit dalk op ‘n ernstige allergiese reaksie dui waarvoor jy dringende mediese hulp moet kry:
* Vel wat jeuk of ‘n uitslag verder as die direkte omliggende area van die bysteek.
* Swelling rondom die oë en swelling van die tong.
* Kortasem of probleme met asemhaling.
* Braking en koue en klam vel
* Deurmekaar
Onthou egter dat reaksie op ‘n bysteek baie onvoorspelbaar is, selfs al het jy voorheen geen allergiese reaksie gehad nie. Kom by die naaste professionele mediese hulp so vinnig moontlik.
As jy weet jy is allergies vir bysteek hou die nodige medikasie byderhand ook wanneer jy met vakansie gaan.
Wanneer jy beplan om weg te gaan, vind vooraf uit waar die naaste mediese fasiliteit in die omgewing is waar jy sal tuisgaan. (Mediese inligting verskaf deur Cert-SA ).



