Local newsNews

Aanvaller van Coligny-vrou steeds soek

Polisie vra publiek se hulp in soektog na verdagte.

Daar word steeds gesoek na die verdagte wat verantwoordelik was vir die aanval op ‘n 50-jarige vrou  op ‘n plaas naby Coligny.
Die vrou is op 17 Maart om 16:30 die middag in ‘n stal op die plaas oorval toe sy die perde gaan voer het. Haar aanvaller het ‘n klapmus gedra en het haar met ‘n staal voorwerp aangerand.
Haar aanvaller het te voet van die toneel gevlug. Die  gewonde vrou is na ‘n nabye hospitaal vir behandeling geneem, en dieselfde dag ontslaan.
Die polisie ondersoek ‘n klag van aanranding. Die motief vir die aanval is nie bekend nie.
Die waarnemende kommissaris van die polisie in die Noordwes-provinsie, doktor Ryna Naidoo, het die aanval ten sterkste veroordeel.
‘n Beroep is op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie kan help met hul ondersoek. Inligting kan deurgegee word aan speurder-sersant Godiamang Dire of die Coligny polisie. Skakel 082 416 3593, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111. Inligting kan ook anoniem deurgegee word op die MySAPS-toepassing.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button