Local newsNews
Vrou vasgetrek vir besit van vermoedelik gesteelde vee
Die vrou kon geen aanvaarbaarde verduideliking gee oor waar die karkasse vandaan kom nie.
’n 47-Jarige vrou is in Kroonstad in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee in , nadat twee skaapkarkasse versteek by ‘n woning gekry is.
Polisiesersant Josephine Rani sê die Kroonstad Infrastruktuurspan het Sondagmiddag inligting ontvang oor die versteekte karkasse, wat in die yskas op die perseel gekry is. Die vrou is ondervra oor die oorsprong van die karkasse, maar kon geen bevredigende verduideliking gee nie, sê Rani.
Sy is daarna in hegtenis geneem op klagte vir die besit van vermoedelik gesteelde vee en sal binnekort voor die Kroonstadse Landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



