Local newsNews

Drie in Vrystaatse hof gevonnis vir bedrog van R4 miljoen

Ses verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem maar is die klagtes teen drie van die beskuldigdes later teruggetrek.

Die waarnemende provinsiale hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek in die Vrystaat, brigadier Ketlamoreng Mafoyane, het die ondersoekbeampte geloof vir uitstaande werk na die vonnis van drie beskuldigdes vir bedrg en verwante misdrywe waardeur VKB Agriculture (Edms) Bpk meer as R4m skade gelei het.

Khotso Mabolloane (51) is Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof tot effektief 15 jaar gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Sibongile Nyembe (31) is gevonnig tot 12 jaar direkte gevangenisstraf vir bedrog en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, terwyl Jabulane Joseph Mazibuko (40) gevonnis is tot sewe jaar direkte gevangenisstraf vir oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.

Verder is al drie beskuldigdes ingevolge Artikel 103(1) van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, Wet 60 van 2000, onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Luidens die hofstukke het die beskuldigdes 16 Februarie 2018 valslik voorgegee dat ’n betaling gemaak is vir dienste gelewer. Die betaling is egter in ’n ABSA-bankrekening gemaak wat later vasgestel is aan Mabolloane behoort het en nie aan Budget Truck Spares nie. Daar is bevind dat die betalingsdokument vervals is, en is die transaksie ongeldig verklaar.

Aanvanklik is ses verdagtes in hegtenis geneem, wat voor die landdroshowe in Bethlehem en Bloemfontein verskyn het.

Mabolloane, Nyembe en Mazibuko is op 16 April 2025 skuldig bevind, terwyl die aanklagte teen die ander beskuldigdes teruggetrek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button