Local newsNews

Parys GPF groet adjudant-offisier Jan le Roux

Sersant Molebatsi neem die taak by adjudant-offisier Le Roux oor as gemeenskapspolisiëringsbeampte

Vir skoolkinders is hy oom Jan. Die vriendelike polisiebeampte wat oor jare gereeld saam met Parys Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) lede, skole besoek het om te praat oor veiligheid. Ook by al die tehuise vir bejaardes in die dorp, was adjudant-offisier Jan le Roux ‘n gereelde besoeker waar hy saam met die GPF met bejaardes oor veiligheid kom praat het.


Parys GPF het verlede week adjudant-offisier Le Roux gegroet en bedank vir die 20 jaar wat hy betrokke was by die werksaamhede van die GPF – of dit blou lig/wit lig patrollies was, inligtingspamflette wat uitgedeel moes word, of bewusmakingsveldtogte wat geloods is. Hy het sy plek vol gestaan.

Drie dedakes van diens


Adjudant-offisier Le Roux tree na meer as drie dekades uit diens van die SAPD. Hy het in 1989 by die polisie aangesluit en was eers in Welkom waarna hy in 1990 na Parys SAPD oorgeplaas is waar hy ook die meeste van sy diensjare voltooi het.


Hy het onder meer sy opleiding as polisie skipper in 1991 voltooi en gedurende sy loopbaan gehelp met verskeie waterreddings waaronder die Saulspoort Dam busredding in Bethlehem.


As gemeenskapspolisiëring-beampte het hy vir meer as 12 jaar die plaasbesoeke hanteer met landelike veiligheid en misdaadvoorkoming as fokus.

Adjudant-offisier Jan le Roux. Foto: Liezl Scheepers
Adjudant-offisier Jan le Roux. Foto: Liezl Scheepers


Hy het gedurende sy loopbaan nou geskakel met die Besigheidswag en later aktief betrokke gewees by die GPF se werksaamhede wat benewens die skole en bejaarde besoeke, ook gefokus het op die versterking van bande tussen die polisie en die gemeenskap.


Daar is al oor en oor bewys watter verskil die GPF in die gemeenskap van Parys maak om bande tussen die polisie en die gemeenskap te versterk. GPF-voorsitter Anne-marie du Toit het adjudant-offisier Le Roux bedank vir sy toewyding en hulp aan die GPF oor die afgelope jare.

Van links is adjudant-offisier Jan le Roux, sersant Molebatsi wat by adjudant-offisier Le Roux oorneem as gemeenskapspolisiëringsbeampte, Anne-marie du Toit (Parys GPF voorsitter) en luitenant-kolonel De Vos (stasiekommissaris Parys SAPD). Foto: Liezl Scheepers
Van links is adjudant-offisier Jan le Roux, sersant Molebatsi wat by adjudant-offisier Le Roux oorneem as gemeenskapspolisiëringsbeampte, Anne-marie du Toit (Parys GPF voorsitter) en luitenant-kolonel De Vos (stasiekommissaris Parys SAPD). Foto: Liezl Scheepers


Sersant Molebatsi neem die taak by hom oor as gemeenskapspolisiëringsbeampte en het luitenant-kolonel De Vos in sy dankbetuiging teenoor ao. Le Roux die wens uitgespreek dat die gemeenskap ook haar sal ondersteun in die taak wat aan haar opgedra is.


By verlede week se GPF vergadering is gewys op die gevaar van OTM-misdaad in die dorp en bly huisbraak en diefstal steeds ‘n groot kopseer.

GPF vergadering en blou lig/wit lig patrollie

Die GPF sal weer op 23 April om 16:00 vergader in die lesingkamer by Parys Polisiestasie. Die volgende blou lig/wit lig patrollie is op 17 April om 20:00. Enigeen is welkom om deel te neem en sterk die gemeenskap se oë en ore die polisie se hand.

Van die lede van die gemeenskap wat aan verlede maand se blou lig/wit lig patrollie deelgeneem het. Foto: Dorette Nel.
Van die lede van die gemeenskap wat aan verlede maand se blou lig/wit lig patrollie deelgeneem het. Foto: Dorette Nel.

Jy het geen ervaring nodig om deel te neem aan die gesamentlike patrollies nie. Net die bereidwilligheid om vir ‘n paar uur deel te neem aan patrollies in jou woonbuurt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button