Local newsNews

Met hart en siel vir hulle wat dit broodnodig het

Hart en Siel reik weekliks uit na mense in die Vredefort-gemeenskap wie minder het, om seker te maak dat ook hulle 'n voedsame bord kos het.

Hulle het nog nooit vir ‘n sent van die gemeenskap gevra nie, want Hart en Siel gee in die geloof dat die Here sal voorsien. Van dié voorsiening getuig Marlene Brüssow oor die agt jaar wat die interkerklike
voedselskema ‘n verskil maak in die nood van mense in die Vredefortgemeenskap.

Aanvanklik was Marlene by ‘n ander voedselskema betrokke.

Toe dit doodloop het sy saam met Charmaine Delport en Magda Perry met die Hart en Siel inisiatief begin
waarmee hulle met die hulp van skenkers week na week sorg dat daar ‘n voedsame maaltyd op ‘n leë bord is.

So help die dienende hande van hierdie omgee-span van tien om elke Dinsdag, en meer gereeld in die winter, tussen 65 en 70 mense kos te gee. Daar is dae wat hulle danksy die skenkings vir die projek,
koopbewyse kan uitgee vir hulle in nood. Daar is bederfdae wanneer die Hart en Siel-span met ‘n spesiale
Kersete die vreugde van Kersfees met ander kan deel. En dan is daar die skoolklere en skryfbehoeftes vir kinders uit hierdie behoeftige gesinne waarvoor hulle sorg.

Onlangs het die span uitgereik na die inwoners van die Hartshuis met ‘n ete en ander skenkings.

Vir die mense oor wie Hart en Siel hulle ontferm, is die bord kos wat hulle ontvang manna uit die hemel.

Die Hart en Siel span. Foto: Verskaf
Die Hart en Siel span. Foto: Verskaf

Maar dit is meer as ‘n bord kos. Dominee Hannes Haggard en sy vrou, Karin is deel van die span, en
help nie net om die kos voor te berei nie. Dominee. Hannes sorg ook vir sielskos waar die span uitreik.

Daar is die Wonderheuwel Boerevereniging wat help, mense uit die gemeenskap, die NG Klipkerk, en soveel ander wat Hart en Siel se spens volhou.

So word seker gemaak dat wanneer die kospotte op die stoof staan en prut, daar met hart en siel
gegee kan word vir elkeen wat hierdie omgee-uitreik broodnodig
het.

Hart en Siel se bankbesonderhede is:

Hart en Siel, FNB spaarrekeningnommer: 62903268664, takkode: 250 655.

Women celebrating Christmas together in a festive setting.(regs) wat al Hart en Siel se administrasie behartig. Foto: Verskaf
Charmaine Delport (regs) wat al Hart en Siel se administrasie behartig, saam met Marlene Brüssow.. Foto: Verskaf
Die span van Hart en Siel het onlangs ook na Die Hartshuis se inwoners uitgereik. Foto: Verskaf
Die span van Hart en Siel het onlangs ook na Die Hartshuis se inwoners uitgereik. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button