Genetika die geweer, maar leefstylkeuses die sneller
Christél Schutte het daarop gewys hoe belangrik dit is dat jy dinge doen waarvan jy hou.
Haar eie gesondheidsreis het Christél Schutte laat besef hoe moeilik dit is om veranderings te maak, en hoe alleen jy voel wanneer jy nie weet waar om te begin nie. Uit dié besef is haar passie gebore om vroue te ondersteun wat voel hul mis iets in hul eie welstand. Deur ‘n holistiese benadering is dit moontlik om meer in beheer van jou daaglikse keuses te wees, sê Christél.
Van die praktiese wenke wat sy met vroue van die plaaslike Vroue Landbou Unie gedeel het tydens hul Maart-byeenkoms, was om weer kalmte en energie te ervaar, en met meer selfvertroue na hul gesondheid te kyk.
Met haar ervaring van gesondheidsafrigting by Health and Wellness Coaching with Christél, is Christél se oogmerk om mense te help om meer in beheer van hul daaglikse keuses te wees.
Hoewel genetika die spreekwoordelike geweer laai, is dit leefstyl wat die sneller trek, verduidelik Christél.
Sy het gewys op hoe belangrik dit is dat jy tyd maak vir rustig wees, om stil te sit op ‘n plek en te fokus op jou asemhaling. Om genoeg slaap te kry, en moeite te doen om uit te gaan en die blou lig en ‘n sonsondergang te sien.
Skakel twee ure voor slaaptyd ‘af’ en sit ‘n notaboekie by jou bed sou jy aan iets dink wat jy moet onthou, is haar raad. Sy het ook die belangrikheid van ‘n gesonde dieet beklemtoon om bloedsuiker te stimuleer, en om aan die beweeg te bly.
Christél het vroue daaraan herinner om dinge te doen wat hul geniet. ‘n Stokpertjie te kry en te LEEF.
“Neem meer beheer in jou lewe en fokus op die klein dinge,” was haar raad.


behaal het. By haar is takvoorsitter, Bernadet van der Ende. Foto: Verskaf
Die volgende VLU-byeenkoms is op 14 April. Almal, selfs nie-lede, is welkom. Kom geniet ‘n oggend van gesellige saamwees, met interessante sprekers. Vir navrae kontak Annatjie Dreyer (082 464 0204) of Bernadet van der Ende (082 474 0304)



