Local newsNews

Groot skole rugby- en netbalaksie in Parys dié week

Kom ondersteun hierdie 517 rugbyseuns en 85 netbalspelers wanneer hulle hierdie week in Parys op die rugbyveld en netbalbane in aksie sal wees.

Drie en twintig rugbyspanne en nege netbalspanne sal dié week in Parys aan die Parys Hoërskool Alumni Namgola-beker sportweek deelneem wat van 30 Maart tot 2 April op Parys Hoërskool se rugbyvelde en netbalbane aangebied word.

Dié week is oor jare ‘n trotse tradisie van die skool en bring 517 rugbyseuns, 85 netbaldogters, en hul afrigters en ondersteuners vir die week na Parys wat ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp is.

Die 35 rugbywedstryde en 27 netbalwedstryde wat tydens die week gespeel sal word, sal gestroom word op Supersport Schools.

Naas die aksie op die sportveld sal die deelnemers aan die sportweek ook hier kom witwaterroei, terwyl van die afrigters die dorp se spog gholfbane sal geniet, en ook ‘n draai by die unieke en uitsonderlike winkels in die dorp sal maak.

‘n Uitstekende bemarkingsgeleentheid vir die dorp en sy sakelui waarby nie net die skool nie, maar ook besighede en die gemeenskap jaarliks baat.

Kom ondersteun hierdie seuns en dogters tydens die week op die rugbyveld en netbalbaan, asook die heerlike kosstalletjies wat beskikbaar sal wees.

Skolesport op sy beste op jou voorstoep. Toegang kos R20 per persoon.

Die treffende foto is tydens die 2025 Parys Hoërskool Alumni Namgola Sportweek geneem met Hoërskool Parys se Nico Rust in aksie tydens ‘n sopnat wedstryd teen Zastron in die Plaat-finaal. Foto: Ferdie Jordaan.

Die treffende foto is tydens die 2025 Parys Hoërskool Alumni Namgola Sportweek geneem met Hoërskool Parys se Nico Rust in aksie tydens ‘n sopnat wedstryd teen Zastron in die Plaat-finaal. Foto: Ferdie Jordaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button