Local newsNews

R59 tussen Parys en Vredefort steeds gesluit; aandag gegee aan alternatiewe roete

'n Ernstige beroep word weer op motoriste gedoen om onder geen omstandighede aan padmerkers te skuif wat aandui dat 'n roete gesluit is.

Motoriste word gewaarsku dat die R59 tussen Parys en Vredefort steeds gesluit is vir alle verkeer vir herstelwerk aan slaggate deur ‘n kontrakteur. Die hoop is om teen Donderdag dié gedeelte van die R59 weer te kan oopstel vir die Paasnaweek-verkeer met herstelwerk wat dan grotendeels as weerstoestande dit toelaat, voltooi behoort te wees. Herstelwerk sal na die Paasnaweek voortgesit word.

Verwag verkeersvertragings met verkeer wat net buite Parys in die rigting van Vredefort van die R59 via die Schoemansdrift-pad herlei word. Verkeer is tans baie druk hier en moet jy ekstra reistyd inreken sou jy die roete ry.

Daar is duidelike borde wat aandui dat die pad hier gesluit is. Verkeerspersoneel doen ook diens hier om te help met verkeersvloei wat druk is.

Groot skade is die afgelope naweek op die Schoemansdrift-pad veroorsaak met die teer wat gesak het weens swaar reën en swaar voertuie wat die pad moes gebruik as gevolg van die sluiting van die R59 tussen Parys en Vredefort.

Verskeie voorvalle waar voertuie hier vasgesit het is gerapporteer, asook van ‘n vragmotor wat vroeg vanoggend die pad byster geraak en toe vasgesit het, maar is die Paaie Departement reeds besig om die pad te skraap en reg te maak op die alternatiewe roete waar die teer gesak het.

Voorvalle waar voertuie vasgesit het op 'n gedeelte van die Schoemansdrift-pad waar die teer oor die naweek gesak het, is gerapporteer, maar herstelwerk word reeds gedoen deur die paaie departement. Foto: Verskaf
Voorvalle waar voertuie vasgesit het op ‘n gedeelte van die Schoemansdrift-pad waar die teer oor die naweek gesak het, is gerapporteer, maar die paaie departement is besig om die pad hier te skraap. Foto: Verskaf

Verminder spoed, wees geduldig en wees waaksaam.

Die paaie departement is tans besig met herstelwerk aan die Schoemansdrift-pad waar die teervlak gesak het. Foto: Verskaf
Die paaie departement is tans besig met herstelwerk aan die Schoemansdrift-pad waar die teervlak gesak het. Foto: Verskaf

‘n Ernstige beroep word ook weer op motoriste gedoen om nie te skuif aan padborde of padmerkers wat aandui dat ‘n pad gesluit is nie. Die onnadenkende optrede veroorsaak ‘n groot gevaar vir jou, vir mede-motoriste wat jou voorbeeld volg om dan die pad te gebruik, asook konstruksiewerkers op die pad. Dit het herhaaldelik die naweek gebeur dat motoriste op die R59 aan merkers geskuif het.

Let daarop dat die R59 tussen Parys en Vredefort gesluit is vir herstelwerk aan slaggate. Verkeer word herlei via die Schoemansdriftpad. Foto: Hilke Scheepers.
Let daarop dat die R59 tussen Parys en Vredefort gesluit is vir herstelwerk aan slaggate. Verkeer word herlei via die Schoemansdriftpad. Foto: Hilke Scheepers.

Die slaggate op die R59 is ‘n groot probleem en is dit nodig dat die herstelwerk gedoen moet word ter wille van motoriste se veiligheid. Daarom is dit belangrik dat motoriste sal saamwerk. Daar word werklik ‘n groot poging ingesit om die gedeelte van die R59 wat bykans onrybaar was te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button