Local newsNews

Pasop vir bedrieërs en nabootsers

Veral besighede word gewaarsku om waaksaam te bly.

Misdadigers wat hul voordoen as kliënte is ’n ou truuk, en dit is veral kleiner besighede wat die meeste kwesbaar is.

Volgens Charnel Hattingh, groephoof van bemarking en kommunikasie by Fidelity ADT, word ‘n toename gesien in besigheidsroof veral by kleinhandelwinkels soos klerewinkels en vulstasie-winkels, wat maklik toeganklik is. Juis daarom word besigheidseienaars gewaarsku om waaksaam te wees.

Hattingh sê daar word aanbeveel dat minstens twee personeellede te alle tye versteekte paniekknoppies dra.

“Dit is belangrik om te beklemtoon dat die kanse dat ’n rooftog onnodig gewelddadig raak, verminder kan word deur die gedrag van beide personeel en klante,” sê Hattingh.

Hou dié wenke in gedagte

• Moenie weerstand bied nie. Doen presies wat jy beveel word. Die rowers is in beheer van die situasie omdat hulle gewapen is. Dit dien geen doel om hul instruksies te verontagsaam nie, aangesien jy slegs jou eie lewe en dié van ander in gevaar stel.
• Probeer ontspan. Beheer jou asemhaling met lang, stadige, doelbewuste asemteue. Dit vertraag jou hartklop en verbeter konsentrasie, selfs in die mees ongunstige situasies.
• Praat stadig. Moenie skree of jou stem teenoor die rowers verhef nie. Hulle is waarskynlik meer senuweeagtig as jy en dus meer geneig om selfbeheersing te verloor.
• Moenie skielike bewegings maak nie. Wanneer jy iets wil doen – selfs al is dit op bevel van die rower – sê vir hom wat jy gaan doen. Byvoorbeeld: “Ek gaan nou die sleutels uit my sak haal,” en doen dit dan stadig soos jy gesê het.
• Moenie ’n sirene aktiveer nie. Skakel die alarm slegs aan indien jy dit stilweg kan doen of as dit ’n stil alarm is. Baie gewapende rooftogte het gewelddadig geword omdat sirenes die rowers paniekerig maak.
• Gee die rowers tyd om te vertrek. Moenie skree of enigiets anders doen totdat die rowers die perseel verlaat het nie. Moenie probeer om ’n held te wees nie. Moenie probeer om die rowers se ontsnapping te verhinder nie. ’n Vasgekeerde rower is ’n desperate rower met wie jy nie ’n ruimte wil deel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button